Aldrich’s Journey – From Survivor to Fighter Again
Started 10 days ago
Open end-date
About This Campaign
Met swaar harte 💔
Die uitslae van Aldrich se brongoskopie het gekom, en met die swaarste van harte moet ons die woorde hoor waarvoor ons so hard gebid het om nooit weer te hoor nie…
Dit is kanker.
Ons harte is stukkend. Ná alles waardeur Aldrich reeds is, het ons nooit gedink dat ons gesin weer hierdie pad sou moes stap nie.
Aldrich is op slegs 11-jarige ouderdom met papillêre skildklierkanker gediagnoseer. Die kanker het reeds na sy longe en lies versprei, en hy moes jare se behandeling, insluitend radioaktiewe jodiumbehandeling, ondergaan. Ná ’n ongelooflike stryd is ons geseën met twee jaar van remissie.
Toe, net ’n paar weke gelede, het alles verander. Aldrich het skielik baie gesukkel om asem te haal en sy suurstofvlakke het gevaarlik laag gedaal. Hy was vir ’n week in die hospitaal en kon uiteindelik huis toe gaan, maar is steeds 24/7 afhanklik van suurstof.
Ons het Kaapstad toe gereis met die hoop en gebed dat dit iets anders as ’n terugval sou wees. Ná die brongoskopie en dae van wag, het ons grootste vrees nou ’n werklikheid geword.
Di...
Donations
Make Your Donation
Kindness can transform the world around us. Amazing things happen when people come together! Make a donation to this cause, share it with people you know, and you may ignite the generosity in others.
