Baba Zavian mediese onkostes
Started 4 months ago
Open end-date
About This Campaign

Hulp vir ons klein Zavian
Liewe familie, vriende en almal met ’n oop hart,
Ons vra vandag nederig vir hulp vir ons geliefde seuntjie, Zavian, wat net 16 maande oud is.
Toe Zavian 7 maande oud was, het ons uitgevind dat hy ’n allergie vir melk het. Enige vorm van melk – blikkemelk, bokmelk, sojamelk en ander melkprodukte – het ernstige reaksies veroorsaak. Aanvanklik het ons gedink dit is net ’n melkallergie. Soos hy ouer geword het, het ons alle kosse waaraan hy gereageer het uit sy dieet verwyder en net kos gegee wat nie melk bevat nie. Ongelukkig het hy met verloop van tyd op al hoe meer kossoorte begin reageer.
Op hierdie stadium kan hy byna net aartappels inneem, maar selfs dit veroorsaak ongemak en baie pyn. Zavian kla nog nie met woorde nie, maar ons kan sien hoe hy swaarkry. Sy maag swel gereeld op, en hy word gereeld siek. As gevolg van sy liggaam se sukkel om kos op te neem, is sy immuunstelsel ook aangetas, en hy kry makliker infeksies. Hy raak dus gereeld siek, en ons is baie bekommerd oor sy gesondheid.
Zavian weeg tans net 9 kg en verloor steeds gewig....
Donations
Campaign Updates
Make Your Donation
Kindness can transform the world around us. Amazing things happen when people come together! Make a donation to this cause, share it with people you know, and you may ignite the generosity in others.





