DIE GRENSHOTEL - An AFRIKAANS Stage Musical
Started a yr ago
Open end-date
About This Campaign

DIE GRENSHOTEL – Waar Musiek Asemhaal en Stories Brand
In 1979 verlaat die 18-jarige Lily die weeshuis om haar verlore liefde, ’n soldaat in die Bosoorlog, te gaan soek. Wat sy egter nie verwag nie, is om vasgevang te word in die verleidelike kloue van Die Grenshotel. Teen ’n gewelddadige agtergrond ontvou hierdie musiekblyspel as ’n aangrypende verhaal van liefde, verlies, identiteit en verset, waar die hotel ’n spieëlbeeld word van die mensdom se ewige begeertes, passies en drome.
Die Grenshotel word ontwikkel met dieselfde gehalte, hart en produksievisie as groot internasionale musiekblyspele. Deur drama, humor, nostalgiese én kontemporêre musiek verweef die produksie eg menslike stories wat lank ná die finale gordyn sal bybly.
Ons bou aan ’n gewaagde, emosiebelaaide Afrikaanse verhoogmusiekblyspel, visueel treffend, musikaal ryk en onbeskaamd AFRIKAANS. Al wat ons nou nodig het, is die vonk: JOU ONDERSTEUNING!
Voordat ons die groot verhoog kan betree, moet ons eers die reis aan die brand steek: en dit begin met ons Lees-Voorstelling by Afriforum...
Donations
Make Your Donation
Kindness can transform the world around us. Amazing things happen when people come together! Make a donation to this cause, share it with people you know, and you may ignite the generosity in others.

