Elize Richter
Started 3 days ago
Open end-date
About This Campaign
Liewe familie en vriende
Ons geliefde tannie het onlangs haar 70ste verjaarsdag gevier. Ongelukkig het sy geval en haar heup sowel as haar arm gebreek. Sy is tans in Tshepong Hospital waar sy baie pyn ervaar en behandeling ontvang. Die dokters het ook genoem dat dit ‘n baie slegte breek is in die heup,en ’n moeilike operasie.
Omdat sy nie oor mediese fondsdekking beskik nie, plaas die mediese kostes en nodige nasorg ’n groot finansiële las op haar en die familie. Daarom wil ons nederig vra vir enige hulp of bydrae om haar te ondersteun met die ekstra mediese uitgawes en herstelproses. As dit moontlik is,sal ons graag haar na 'n privaat hospitaal wil skuif.
Enige ondersteuning, groot of klein, sal opreg waardeer word en sal ’n groot verskil maak in hierdie moeilike tyd. Ons dank elkeen uit die diepte van ons harte vir julle liefde, gebede en ondersteuning. 🤍
Donations
Make Your Donation
Kindness can transform the world around us. Amazing things happen when people come together! Make a donation to this cause, share it with people you know, and you may ignite the generosity in others.
