Glans & Dans: Matrieks 2025
Started 9 months ago
Open end-date
About This Campaign
Daar was eens, in ʼn huis gevul met lag, veerkragtigheid en stille moed, ʼn jong seun en dogter wat op die drumpel van iets betowerends gestaan het: hul matriekafskeid.
ʼn Aand van feesviering, ʼn oorgangsritueel, ʼn oomblik waarvan hulle al jare lank droom. Maar anders as Aspoestertjie het hulle nie ʼn goeie fee wat met ʼn towerstaffie ou skoene in glaskoentjies of skooldrag in glinsterende rokke en netjiese pakke kan verander nie.
Chris en Cassey is ongelooflike kinders en het kliphard gewerk om dié mylpaal te bereik. Hulle het dinge oorkom wat meeste van ons, ons kwalik kan voorstel. Soos hulle groot aand naderkom, is daar een ding wat kortkom… die betowering.
Cassey het 'n aandrok nodig en Chris ’n pak. Hulle het skoene nodig wat blink, en hare en grimering wat hulle soos koninklikes laat voel.
En dit is waar jy ʼn verskil kan maak.
Het jy dalk ʼn ou aandrok wat agter in jou kas hang? ʼn Pak wat nie meer pas nie, maar jou eens onaantasbaar laat voel het? Of dalk net ʼn hart vol goedheid en ʼn paar rand om te skenk?
Jy kan ʼn rok of ʼn...
Donations
Make Your Donation
Kindness can transform the world around us. Amazing things happen when people come together! Make a donation to this cause, share it with people you know, and you may ignite the generosity in others.
