Hardloop vir Hoop!
Started 4 months ago
0 days left
About This Campaign
🏃♂️🏃♀️ Hardloop vir Hoop – TTOM 2026
Ons span pak hierdie jaar vir die eerste keer die Two Oceans Maraton (TTOM) aan, en ons doen dit met 'n doel!
Die spanlede en hulle mikpunte is:
- Lourens du Preez pak hierdie jaar die 56km Ultra Maraton aan.
- Graham en Sunette Brink hardloop die 21km, Halfmaraton.
- Marica du Preez pak die 16km Trail Run aan.
Maar ons hardloop nie net vir medaljes nie — ons hardloop vir Hoopstad. ❤️
Ons gebruik Back a Buddy om fondse in te samel vir:
- AP Kerk, Hoopstad
- ENGO Hoopstad Sentrum vir Bejaardes
🎯 Teiken: R100 000.00
Die fondse word 50/50 verdeel:
- 50% vir die kerk se bediening en barmhartigheidswerk,
- 50% vir die ouetehuis.
'n Volwaardige ete by die ouetehuis kos R65.00.
Dieselfde bedrag voorsien ook 'n liefdesmaaltyd deur die diakens aan iemand in nood.
Met ander woorde:
Elke R65 wat jy gee, sit jy 'n bord kos op iemand se tafel.
Donations
Make Your Donation
Kindness can transform the world around us. Amazing things happen when people come together! Make a donation to this cause, share it with people you know, and you may ignite the generosity in others.
