Help Gerhard Pretorius
Started a month ago
Open end-date
About This Campaign
Help asb. Gerhard Pretorius om die behandeling te kry wat hy dringend nodig het.
Ons vra vandag nederig vir hulp vir Gerhard Pretorius.
Dinsdagmiddag omstreeks 13:00 het Gerhard van 'n leer afgeval en hard op sy heup beland. Hy het ernstige beserings opgedoen. Sy bobeen is gebreek waar dit by die bekken aansluit, en albei bene in sy linkerpols is ook gebreek.
Hy is sedert Dinsdagmiddag in 'n provinsiale hospitaal, maar wag steeds vir 'n beskikbare teater vir die operasie. Intussen verduur hy ongelooflike pyn.
Gerhard moet dringend geopereer word. Die koste om hom na Mediclinic oor te plaas beloop ongeveer R245 000, en dit sluit nie die ortopediese chirurg, narkotiseur of fisioterapie in nie. Hy sal plate en skroewe benodig om sy beserings te herstel, gevolg deur 'n lang rehabilitasie.
Gerhard is 'n selfstandige sakeman. Omdat hy nie kan werk nie, genereer hy tans geen inkomste nie, terwyl die mediese uitgawes aanhou opstapel.
Ons vra asseblief dat elkeen wat kan, sy of haar hart sal oopmaak en 'n bydrae maak – geen bedrag is te klein nie....
Donations
Make Your Donation
Kindness can transform the world around us. Amazing things happen when people come together! Make a donation to this cause, share it with people you know, and you may ignite the generosity in others.


