Help jou onnie
Started 2 months ago
Open end-date
About This Campaign

'n Groot risiko operasie – Torakale Laminektomie vir verwydering van ‘n meningioom (gewas) het tot gevolg dat Rudolf Botha se lewe handomkeer verander het en hy nou van ‘n rolstoel afhanklik is.
Skielik is alles anders. Aanpassings moet gemaak word en ‘n weg moet gevind word.
‘n Onlangse lewensbedreigende prosedure vir ‘n Pulmonale embolis het onverwagte finansiële uitgawes veroorsaak, aangesien die produkte gebruik, limiete het by sy mediese fonds.
Die pad vorentoe is nie maklik nie – emosioneel, fisies én finansieel.
Daar is mense in ’n dorp wat nie net daar woon nie… hulle help bou aan die dorp en sy mense.
Mense soos Rudolf is ’n man wat met passie en kundigheid wiskunde aanbied. Hy het oor jare heen diep spore getrap in ons gemeenskap... man, pa, onderwyser, koshuisvader, rugby afrigter…...
Nie net met sy werk nie, maar met sy opregte omgee, sy nederigheid en sy harde werk.
Almal was saam met hom en sy gesin so hartseer oor die uitkoms van die operasie. Almal wil help, maar weet nie hoe en waar nie.
...Donations
Make Your Donation
Kindness can transform the world around us. Amazing things happen when people come together! Make a donation to this cause, share it with people you know, and you may ignite the generosity in others.

