Help Ons Wil weer opstaan
Started 5 days ago
Open end-date
About This Campaign
Help Ons Wil weer opstaan – ’n Familiebesigheid se nalatenskap
Ons Wil is soveel meer as net ’n boerdery. Dit is ’n familietradisie, ’n lewenswerk en ’n nalatenskap wat oor generasies heen opgebou is.
Die boerdery is deur die vorige generasie gevestig, en ons pa het die afgelope 26 jaar sy hart, siel en alles wat hy het daarin belê om Ons Wil uit te bou tot die boerdery wat dit vandag is. Oor baie jare is daar met harde werk, opoffering, deursettingsvermoë en liefde aan hierdie droom gebou.
Ongelukkig is hierdie familienalatenskap nou deur ’n tragiese ongeluk getref.
Tydens ’n weerligstorm het weerlig ’n verwoestende brand veroorsaak wat binne ’n kort tydjie enorme skade aangerig het. Trekkers, boerdery-implemente en ’n groot hoeveelheid noodsaaklike boerderytoerusting is vernietig.
Jare se harde werk, opoffering en investering is binne enkele ure in puin gelê.
Die voorlopige skade word op ongeveer R25 miljoen geraam, waarvan slegs ongeveer R7 miljoen na verwagting deur versekering gedek sal wor...
Donations
Make Your Donation
Kindness can transform the world around us. Amazing things happen when people come together! Make a donation to this cause, share it with people you know, and you may ignite the generosity in others.




