Monique Botha
Started 2 yrs ago
Open end-date
About This Campaign
Op 9-jarige ouderdom moes Monique Botha in 2015 die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom haar nuwe tuiste noem. Met die intrapslag was dit duidelik dat sy nie sou toelaat dat die moeilike huislike omstandighede waaruit sy kom haar verder sou onder kry nie.
Sy het die hartseer uit haar verlede eerder as motivering gebruik om die mooi te soek; nie net in haar omstandighede nie, maar ook in mense. So is daar ʼn saadjie geplant om die mooi in ander uit te bring en het Monique se droom om ʼn haarstilis te word, ontstaan. Dié droom was sedertien ʼn rigtinggewende lig in haar lewe. Dit het haar in moeilike tye gemotiveer om ʼn beter toekoms nie net vir haarself nie, maar ook vir haar broer en suster in die kinderhuis, te verseker.
Monique het in April haar haarstileringskursus by die Serwalo Hair Academy in Pretoria begin. Die eenjaarkursus is op NQF vlak 4, gelykstaande aan ʼn diploma. By die akademie sal sy toegerus word met die nodige vaardighede, kennis en selfvertroue om ʼn loopbaan in die skoonheidsbedryf aan te pak.
Die koste van hier...
Donations
Make Your Donation
Kindness can transform the world around us. Amazing things happen when people come together! Make a donation to this cause, share it with people you know, and you may ignite the generosity in others.
