Morné Breedt Operasie
Started 2 months ago
Open end-date
About This Campaign
Hi almal
Morné was Dinsdagoggend, 23 Maart, besig om gras te sny toe hy in ’n baie ernstige ongeluk betrokke was.
Die grassnyer lem het gebreek en uitgekom. Beide bene in sy regter onderbeen (tibia en fibula) is gebreek.
Hy is eers na die kliniek in Roossenekal geneem vir pynbeheer en daarna na die Steve Biko Academic Hospital, waar hy tans nog wag vir ’n operasie.
Morné is tans op n waglys vir die operasie om penne in te plant. Dit kan egter eers die 24ste April by Steve Bhiko gedoen word.
Ons samel fondse in om hom na ’n privaat hospitaal te kan skuif sodat hy so gou moontlik die nodige behandeling en operasie kan ontvang. Volgens kwotasies ontvang beloop die kostes min of meer R300 000 met nasorg in ag geneem . Dit kan wel baie meer word as daar komplikasies is .
Enige hulp, groot of klein, sal opreg waardeer word.
Baie dankie vir almal se ondersteuning 🙏🏻
Donations
Make Your Donation
Kindness can transform the world around us. Amazing things happen when people come together! Make a donation to this cause, share it with people you know, and you may ignite the generosity in others.
