’n Feesmaal van Vreugde
Started 2 days ago
Open end-date
About This Campaign
Vir kinders is Kersfees ʼn tyd van groot opwinding. Hulle droom van geskenke onder die Kersboom, Kersklappers met klein verrassinkies binne-in en papierkroontjies wat skeef op hul koppe sit. Hulle sien uit na lekker eet, samesyn en lag om ʼn feestafel.
Vir die meeste van die 170 kinders in ons sorg verloop Kersfees egter nie altyd soos hulle hoop nie. Soms word beloftes nie nagekom nie. Soms bly ʼn bekende gesig weg.
Maar selfs wanneer Kersfees nie volgens plan verloop nie, kan dit steeds ʼn dag vol vreugde wees.
Daarom sorg ons elke jaar by Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom dat die tafels gedek is en die feesmaal voorberei word.
Hierdie Kersfees kan jy ons help om vir hierdie kinders ʼn heerlike Kersete voor te sit. Jou bydrae help ons om nie net hul magies vol te maak nie, maar ook om te sorg dat hulle ʼn Kersdag vol liefde, samesyn en vreugde beleef.
Elke donasie verander ʼn bord kos in ʼn feesmaal van vreugde.
Neem asseblief kennis: Alle skenkings word aangewend om gedurende die feestyd en in 2027 kos vir die ki...
Donations
Make Your Donation
Kindness can transform the world around us. Amazing things happen when people come together! Make a donation to this cause, share it with people you know, and you may ignite the generosity in others.
