Spreading the Love NPO
Started 20 days ago
Open end-date
About This Campaign
HELP! EK IS GATVOL... MAAR EK KAN OOK NIE OPHOU HELP NIE!
Hallo. My naam is Lizelle.
Ek bestuur Spreading the Love en ek het ’n probleem.
Nee, eintlik het ek baie probleme.
My overdraft is leeg.
My kredietkaart is moeg.
Ek dodge die bankbestuurder se oproepe soos iemand wat sy eks by Checkers sien.
Maar dan kry ek weer ’n boodskap:
“Lizelle, daar is nie kos in die huis nie.”
En wat doen hierdie idioot?
Ek sê ja.
Want ek kan nie nee sê nie.
Ek weet hoe swaarkry voel. Ek weet hoe dit voel wanneer jy nie weet waar môre se kos vandaan gaan kom nie. En ongelukkig vir my bankbalans het my hart geen “nee”-knoppie nie.
So ek gee.
Ek gee vir kinders.
Ek gee vir babas.
Ek gee vir families.
Ek gee vir bejaardes.
Ek gee vir mense wat letterlik niks het nie.
Ek het selfs my eie aangenome kinders wat ook dinge nodig het... maar elke keer gaan daar weer iets na iemand anders wat dit nóg meer nodig het.
En ek is moeg.
Nie moeg vir die mense nie.
Moe...
Donations
Make Your Donation
Kindness can transform the world around us. Amazing things happen when people come together! Make a donation to this cause, share it with people you know, and you may ignite the generosity in others.

