Join the Thrive Tribe

Started 2 months ago

Open end-date

11
0%
of 500 unique donors goal
STORY

About This Campaign

organiser-empty-profile-picture
Huis Horison
Organiser
3 
BaB campaigns
Location
Stellenbosch
South Africa
Location
Started 2 months ago
Open end-date

Met my eerste besoek aan Huis Horison, was my verwagting om volwassenes met intellektuele gestremdhede te ontmoet wat hulp nodig het. Wat ek nie besef het nie, was hoe vinnig die inwoners in my hart in sou kruip. 

Wat my getref het was die eerlike glimlagte, hoflikheid, en die vriendelike manier hoe almal hanteer word, hetsy dit bekendes of nuwe besoekers is. Selfs al kommunikeer ’n inwoner moeilik, is die woorde nietemin omhul met warmte en geluk. Daar is ’n onmiskenbare wete Huis Horison meer as ’n sorg sentrum is – dit is ’n plek waar elkeen onvoorwaardelik aanvaar word, en ‘n tuiste het. 

Mense met intellektuele gestremdhede is seker van die kwesbaarste lede van ons samelewing. Hulle is afhanklik van ander om “normale” daaglikse aktiwiteite aan te pak. Hulle is nie toegerus om gevare te herken,  bekommernisse te kommunikeer of vir hulself op te staan nie. Sosiale isolasie en beperkte geleenthede kan hulle meer kwesbaar maak vir verwaarlosing, uitbuiting en misbruik, wat veilige, ondersteunende gemeenskappe soos Huis Horison so noodsaaklik maak.

Donations

Showing:
There are no donations yet
Support this campaign

Make Your Donation

Kindness can transform the world around us. Amazing things happen when people come together! Make a donation to this cause, share it with people you know, and you may ignite the generosity in others.