Wynand se Ford Panel van
Started a yr ago
Open end-date
About This Campaign
Help Wynand om weer op die pad te kom 🚐🎶
Ons doen ’n beroep op almal se hulp om Wynand, beter bekend as Wynand Windpomp, weer op die pad te kry.
Hy het ses jaar gelede ’n Ford Transit Connect gekoop wat hy daagliks gebruik om by sy optredes uit te kom en sy toerusting veilig te vervoer. Hierdie voertuig is sy brood en botter – sonder dit raak sy werk en verantwoordelikhede byna onmoontlik.
Net ’n maand en ’n half gelede het Wynand meer as R22 000 bestee aan groot herstelwerk en instandhouding om seker te maak die voertuig is betroubaar. Tot sy groot hartseer het die bus egter skaars 1 500 km gery toe die enjin onherstelbaar beskadig is – ’n gat in die enjinblok beteken dit moet heeltemal vervang word.
Ford het hom R50 000 gekwoteer vir slegs 'n enjin blok, en die enigste 2de-handse kompleet enjin opsie wat opgespoor is, kos steeds R40 000, plus installasie en vervoer terug na die Kaap. Vir iemand wat reeds sy spaargeld in die voertuig ingesit het, is dit eenvoudig buite bereik.
...Donations
Make Your Donation
Kindness can transform the world around us. Amazing things happen when people come together! Make a donation to this cause, share it with people you know, and you may ignite the generosity in others.
