Javascript is not enabled! Please turn on Javascript to use this site.
Baba Andune

Baba Andune

Personal message

Help asseblief!

Op Sondagnag 11 April 2021 het my kleinniggie Andune haar opwagting gemaak, drie weke te vroeg. Die ouers het nie medies nie en klein Andune was in ICU met asemhalingsprobleme. Sy moes na n staatshospitaal geskuif word, maar was te swak.  Finansiele bydraes sal waardeer word om die mediese onkostes en rekeninge te dek vir die tydperk in ICU Privaat Hospitaal. 

Baba Andune - Ons kan maar net verklaar dat ons God 'n wonderlike Vader is. Sy is af van die ventilator en op 30ml melk. Dankie vir almal se deel "share" - almal se finansiële bydraes en ook almal se gebede. 
ICU koste beloop min of meer R30 000 per dag. 'n Mens kan nie kies tussen baie skuld en 'n kind se lewe nie. Elke inbetaling hoe groot of hoe klein maak die las ligter. Ons kan net dankie sê - maar ons harte brand eintlik van dankbaarheid.

Mamma en pappa kon op 20 April vir die heel eerste keer vir klein Anduné vashou- alle pypies uit en sy skuif uit ICU. Die beste verjaarsdaggeskenk wat pappa kon kry.

Klein Andunè - Jesus se hand is elke dag sigbaar.....sy drink ook al sterker en ons wag opgewonde dat sy kan hoor sy mag huistoe gaan.
Ek sluit die rekening sover ook in saam met die bedrag wat reeds betaal is. Dankie is so 'n klein woordjie, maar sonder julle bydraes gaan dit moeilik wees om weer kop bo water te kan hou. Uit my hart uit dankie vir elke persoon wat hier betrokke raak en finansiëel bydra. Hou die gesin en familie in jul gebede.

Statistics

Donations to date

R 0.00

Fundraising target

R 60 000.00
Donate

Andune Grobler Medical Cause

Andune Grobler Medical Cause Logo