Javascript is not enabled! Please turn on Javascript to use this site.
Gerda se

Gerda se "Wiele"

Personal message

My naam is Gerda Beukes van Alberton, Gauteng. Ek is 42 jaar oud, getroud, en die ma van twee kinders. Ek is gediagnoseer met Motor Neuron Siekte (MNS). Dit is dieselfde siekte wat die bekende rugby speler, Joost van der Westhuizen, gehad het, en wat uiteindelik sy dood veroorsaak het. Dis ‘n terminale siekte wat progressiewe verlamming veroorsaak. Ek is reeds in ‘n rolstoel en van my nek af ondertoe verlam. Ek het 24 uur hulp nodig met basiese behoeftes soos eet en bad.

Toe ek gediagnoseer was, was my prognose net twee jaar. Op daardie stadium was my kinders nog bitter klein. Dit was vyftien jaar gelede.

Die eerste tekens van die siekte het in my linkerhand begin en ek het kort daarna die linkerarm se gebruik verloor. Daarna het dit versprei na die regterarm en hand en uiteindelik na my bene. Ek was angsbevange, want ek kon sien watter spier se gebruik ek volgende gaan verloor. Met elke verlies het ek weer deur die rou-proses gegaan.

‘n Vriendin het vir my eendag beskuit gebring. Ons het baie daarvan gehou en ek het haar gevra vir die resep. Nadat ons dit ‘n paar keer self gemaak het, het ek die idee gekry om ‘n bakbesigheid te begin. So het ek en my helper Prisca, Prisca's Kitchen begin om ons inkomste aan te vul. Voor die siekte het ek my eie besigheid in die finansiёle bedryf gehad. Met die siekte en die verlies van een inkomste is ons finansiële druk groot.

Met ‘n siekte soos MNS het ek meer as een keer by die dood omgedraai. Ek was eenkeer vir ‘n noodoperasie vir diep veneuse trombose. Ek moes ook al vir ‘n peg-tube inplanting gaan, nadat ek vir 21 dae nie kon sluk nie. My liggaam het die tube verwerp en die wond het septies geraak as gevolg van ‘n lekkasie. Dit het meer as ses weke gevat vir die wond om te genees. Nou onlangs het ek ‘n weerstandige bakteriële infeksie gekry wat my sluk beinvloed het.

Die Covid-19-pandemie het ons as ‘n gesin meer as ooit ingeperk, ons kon nêrens heen gaan nie. Dit het ook geldelike druk veroorsaak omdat my bakbesigheid tydelik moes toemaak. Selfs nadat ons weer begin bak het, het dit maande gevat om weer op dreef te kom.

Ons het twee keer in die verlede die geleentheid gehad om as ‘n gesin see toe te gaan. Wanneer ek met die gewone rolstoel op die strand wou gaan, moes my man agter trek en my kinders voor stoot soos in ‘n rugbyskrum. ‘n Strandrolstoel sal vir my die geleentheid gee om dit makliker te doen en ek sal ook in die water kan gaan daarmee.

Ek het ook ‘n hoist wat baie help. Selfs die kinders kan my met die hoist van die bed af op my stoel sit of terug op die bed. Die hoist is al tien jaar oud en ek is die vierde person wat dit gebruik. Omdat dit elke dag gebruik word is die hoist gedaan.

Ek beplan om nog lank hier te wees en sou graag ‘n nuwe hoist wou kry, om dit vir dié wat daarmee werk, makliker te maak. ‘n Nuwe hoist kos R60 000.00.

Donations

  • Sep 17, 2021 - R 500.00
  • "Ek hoop jy geniet elke oomlik saam met jou gesin!!! Jy is sonbraaf en n voorbeeld hoe om voluit te lewe!!" - Sunette

  • Sep 16, 2021 - R 200.00
  • "Best whishes, even a little bit counts" - G

  • Sep 14, 2021 - R 400.00
  • "Every bit helps" - Adele Thompson

  • Sep 14, 2021 - R 2 000.00
  • "

    Geniet dit!

    " - Anonymous

  • Sep 08, 2021 - R 500.00
  • "

    Sterkte en hou vas aan jou geloof!

    " - Linelle

  • Sep 07, 2021 - R 500.00
  • "Sterkte. Geniet dit " - Buzy bodies Naskool

  • Sep 06, 2021 - R 200.00
  • "Want jy verdien dit om voluit te lewe" - Cindi Marais

  • Sep 06, 2021 - R 200.00
  • "Baie sterkte, ek bid dat jy vir nog lank saam jou geliefdes kan wees." - Nelize

  • Sep 03, 2021 - R 1 000.00
  • "

    .

    " - anonymous

  • Sep 02, 2021 - R 1 000.00
  • "Your an amazing women, God bless you abundantly. " - Denise Fourie

  • Sep 02, 2021 - USD $ 138.91
  • "Wens julle alles van die beste toe op julle nuwe avontuur !!!" - Madelein Denicker

  • Sep 02, 2021 - R 3 000.00
  • "Dankie vir jou bydrae aan ons uitreike na die caregivers. Jy het groot verskil gemaak in elkeen se lewe." - Doxa Deo Cherish

  • Sep 01, 2021 - R 1 000.00
  • "Liewe Gerda. Jy het so mooi omgee Hart. Dankie dat jy altyd die lekkerste koekies en beskuit vir die Caregivers geskenk het. Dankie vir jou betrokkenheid by die projek.Geniet elke oomblik by die see" - Leana

  • Aug 31, 2021 - R 200.00
  • "Geniet die see" - Rita

  • Aug 31, 2021 - R 3 000.00
  • "

    Jy is n inspirasie !

    " - Truus Odendaal

  • Aug 29, 2021 - R 2 000.00
  • "Baie sterkte. Hoop jy kry jou wiele sommer gou-gou" - Liesel

  • Aug 26, 2021 - R 1 000.00
  • "Beste wense vir julle." - Marie

  • Aug 25, 2021 - R 5 000.00
  • "Maak die mooiste memories" - Ingrid

  • Aug 25, 2021 - R 200.00
  • "Geniet elke oomblik ! Jy is inspirasie v ons almal xx" - Kilians

  • Aug 23, 2021 - R 500.00
  • "

    Geniet die nuwe omgewing

    " - Pieter

  • Aug 19, 2021 - R 500.00
  • "GERDA..so opgewonde saam met jou en jou gesin!! Wat n lekker vooruitsig!" - Anonymous

  • Aug 18, 2021 - R 500.00
  • "

    Baie sterkte van die Allies

    " - Hoërskool Alberton

  • Aug 18, 2021 - R 1 000.00
  • "

    Baie sterkte!!

    " - Riaan

  • Aug 17, 2021 - R 1 000.00
  • "Baie sterkte!!" - Jouberts

  • Aug 17, 2021 - R 1 000.00
  • "

    Kan nie wag vir die foto's van jou nuwe wiele nie. Stay Positive & strong!

    " - Anonymous

  • Aug 16, 2021 - USD $ 135.99
  • "In ons gebede. Sterkte Gerda" - Charl

  • Aug 16, 2021 - R 500.00
  • "Geniet dit by die see!" - Henriette

  • Aug 16, 2021 - R 1 000.00
  • "Geniet elke dag! " - Marius Basson

  • Aug 15, 2021 - R 300.00
  • "So proud of you for choosing a better lifestyle. Enjoy! " - Adele Thompson

  • Aug 15, 2021 - R 2 000.00
  • "Sterkte, ons bid vir jou en jou familie." - Anonymous

  • Aug 14, 2021 - R 1 500.00
  • "Jy is so insprirasie Gerda. Haal my hoed vir jou af. Baie sterkte en hoop jy kry sommer gou d totale bedrag ingesamel." - Carina

  • Aug 14, 2021 - R 1 000.00
  • "Hall Gerda, die geldjies is maar min maar ek hoop uit my hart uit dat jy die stoel kry. Ek skenk graag meer as jy nog geld nodig het! Baie liefde! Yolandie! ️️️" - Yolandie Van Wyk

  • Aug 14, 2021 - USD $ 13.58
  • "Sterkte. " - Anonymous

  • Aug 14, 2021 - R 500.00
  • "Hope you make many happy memories. " - Jennifer

  • Aug 14, 2021 - R 200.00
  • "Keep fighting and stay strong" - Prinny

  • Aug 14, 2021 - USD $ 67.90
  • "Geniet die see Gerda!" - Gerhard Badenhorst

  • Aug 14, 2021 - USD $ 67.90
  • "Hope this helps dear Gerda" - Anon

  • Aug 14, 2021 - R 3 000.00
  • "Jy is ‘n inspirasie!!!" - Theresa

  • Aug 14, 2021 - R 2 000.00
  • "Go make memories" - Anon

  • Aug 14, 2021 - R 5 000.00
  • "‘n Wonderlike verandering Gerda, so bly vir julle !" - Any

  • Aug 14, 2021 - USD $ 33.95
  • "Mag die see en strand jou dae met vreugde vul!" - Elmarie

  • Aug 14, 2021 - R 200.00
  • "So bly vir julle!! " - Tersia Burger

  • Aug 14, 2021 - USD $ 33.95
  • "Geniet elke oomblik" - Charlene

Donate to this charity

Statistics

Donations to date

R 50 799.92

Fundraising target

R 60 000.00
Donate

Gerda Beukes Medical Cause

Gerda Beukes Medical Cause Logo

I’ve known Gerda through Stepping Stone Hospice, providing emotional support to her as she has processed her MND, changes to her body, lifestyle, family and the questions, fears and adjustments that go with it.  She has battled through extraordinary losses, pain and grief, and gained courage, grown, healed and adjusted in ways only her strong faith and perseverance could have produced in her, a remarkably beautiful testimony.  Even as her body struggles, her heart and spirit are strong, fully embracing life.

This equipment will not only exponentially increase her wellbeing, independence, and quality of life, it will also add to her ability to be an active, giving and vibrant part of her family and community, one that needs her just as much as she needs them to go thrive.  She continually encourages those around her to truly live, and your support will enable her to continue to embody and reveal that overflowing wonder.