Javascript is not enabled! Please turn on Javascript to use this site.
#JouMenseMyMense saam met SPAR: Sáám is ons beter!

#JouMenseMyMense saam met SPAR: Sáám is ons beter!

Personal message

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Ek wil nie eers my vyftig randjie aanbied wanneer die hulpkreet ‘n reuse sewe miljoen rand is om daardie kankerpasiëntjie in Amerika te kry vir behandeling nie, want waar sal die ander 139 999 vyftig rande vandaan kom?

Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie…

GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”! 

As jy hulle en hul behoefte of omstandighede op die hart dra, dra ons saam! Ons sal jou “instaan–familie” wees as tyd, geld of afstand maak dat jy nie by ouma se 90ste of daardie geliefde wat aansterk in die hospitaal, kan uitkom nie! Dis mos die dáár wees wat tel…die gebaar van liefde en omgee, die persoonlike boodskappie en ‘n bietjie bederf.

Elke Woensdagmiddag tydens Die GROOT Trek en elke Donderdagoggend tydens #BrunchMetAnnelie vertel ons iemand se storie – hetsy dit ‘n groep of individu is. Ons vertel die storie nie noodwendig om iets te gee nie, maar om ander te inspireer.

Om ander, wat moontlik soortgelyke uitdagings in die gesig staar, te herinner daaraan dat jy nie alleen is nie. Ja, hier en daar kan ons met behulp van donasies ‘n HOOPstoot gee, vir ‘n operasie, kruideniersware of selfs elektrisiteit. Baie maal, is dit ‘n drukkie, woorde van waarheid en bemoediging en ‘n SPAR-geskenkbewys.

GROOTfm 90.5 is afhanklik van hierdie donasies en vra daarom met vrymoedigheid vir ons GEEmeenskap, wat nooit blik of bloos om betrokke te raak nie, om, soos jy kan, ons verder toe te rus met die nodige fondse om nog GROTER te gaan, EN te gee. 18A-sertifikate kan uitgereik word vir donasies van meer as R5 000.

GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense word met trots geborg deur SPAR.

 

Donations

  • Dec 08, 2021 - R 1 500.00
  • "Dankie Groot FM vir 'n wonderlike kerskonsert!" - Anonymous

  • Dec 06, 2021 - R 500.00
  • "

    Baie dankie vir die wonderlike projek waaraan ons almal kan deelneem!

    " - Faffa Malan

  • Nov 24, 2021 - R 2 000.00
  • "

    Dankie vir julle ongelooflike bydrae om die gemeenskap 'n beter plek te maak !

    " - Anonymous

Donate to this charity

Statistics

Donations to date

R 4 000.00

Fundraising target

R 100 000.00
Donate

GROOTfm 90.5

GROOTfm 90.5 Logo

GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en ‘n impak te maak met “vermaak wat ‘n verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.