Javascript is not enabled! Please turn on Javascript to use this site.
Kevin Varswater Kampioenskappe

Kevin Varswater Kampioenskappe

Funds Raised:
R 0
Fundraising Target:
R 20 000
Donate

Personal message

Kevin van der Schyff is ʼn 13 jarige seun. Klerksdorp, Noord-Wes

Hy het  ʼn groot passie  vir varswater Hengel. Hy is vir die tweede jaar al gekies om vir die Sentraal-Noordwes Varswater Oewerhengel Vereniging, Nasionale kampioenskappe die Junior onder 0/19B span te  verteenwoordig in die opkomende SA Varswater Junior Oewerhengel Kampioenskappe te Bloemhof dam 09-17 Desember 2023. (Dit sluit moontlike proewe datums in sou hy genomineer word vir SAVOF proewe)

Die totale koste is R15000.00 wat alle onkostes van verblyf, brandstof, klerasie ens. insluit.

Ek sal dit opreg waardeer as U bereid sal wees om my seun te help om sy droom te bewaarheid, om julle harte asb. oop te maak vir hom vir hierdie fondse.

Kevin se droom is om eendag voor hy klaar maak met skool om sy springbok klere te behaal. Kevin is ʼn jong seun wat sy droom wil waar maak om eendag ʼn baie goeie hengelaar te kan wees om ander kinders te kan leer weer oor die sport.

Hierdie jong seun het ʼn groot liefde vir Hengel en Hengel is een van jou duurste sport soorte en hy sukkel baie om kop bo water te hou om sy droom te kan bewaarheid. Hy was al 2 keer Junior Klub kampioen by Skoonspruit hengel klub waar hy tans betrokke is. 

Kevin neem nou die 09 Desember tot die 17de Desember 2023 deel aan die SA kampioenskappe en dit kos baie geld om hom daar te kan hê, dan is dit ekstra gelde hê vir dips en voer wat by Bloemhof werk om in sy sport te kan bemeester.

Ongelukkig is hy verantwoordelik vir sy eie vervoer en kostes, en klere, dips, voer ens.

As nie-toeskouer sportsoort en ʼn sport met relatiewe min reklamedekking, beskik die Provinsiale Liggaam nie oor die vermoëns om die spanlede finansieel te ondersteun nie.

Ek vra asseblief dat almal julle harte sal oop maak om die jong seun wat so groot liefde vir sy Hengel sport het, om hom by te staan en hom te kan help om sy droom te kan waar maak. Om ʼn kind se hart te breek om dit nie te kan doen nie is iets anders. Ek wil hom graag help en dat hy in hom self moet glo om sy droom waar te maak. Al is dit ʼn klein donasie sal dit ʼn groot verskil maak in sy lewe.

 

Statistics

Fundraising target

R 20 000.00

Donations to date

R 0.00
Donate

Kevin Varswater Kampioenskappe Campaign

Kevin Varswater Kampioenskappe Campaign Logo

Kevin van der Schyff is 'n 13-jarige hengelaar wat hulp benodig om sy droom van Springbokkleure in varswater hengel te verwesenlik. Enige bydrae om hom te ondersteun sal waardeer word.