Javascript is not enabled! Please turn on Javascript to use this site.
Fund Raising in aid of Magda

Fund Raising in aid of Magda

Funds Raised:
R 1 000
Fundraising Target:
R 300 000
Donate

Personal message

Ek het vandag 'n groot behoefte op my hart wat ek met julle wil deel.

Soos die meeste van julle weet, reël ek en Francois 'n Golf Dag vir Magda waar ons regtig julle ondersteuning benodig, maar vir diegene wat nie weet nie, wil ek graag vertel waarom, sodat julle beter kan verstaan.

Magda het begin Mei 'n normale roetine-operasie in Pretoria ondergaan. Op dag 3 het dit egter vreeslik verkeerd gegaan. Haar dun derm het begin lek en die dokters het gesukkel om die oorsaak te vind. Na twee groot operasies, waarvan sy een amper nie oorleef het nie, het sy uiteindelik herstel. Maar toe het 'n wondsuster fout gemaak, en Magda moes terug teater toe. Die skade aan haar dun derm was ernstig.

Die komplikasies en wonds het haar lewe baie moeilik gemaak. Sy het meer slegte dae as goeie dae gehad en is deur 12 narkose- en teatersessies gegaan. Op 'n Dinsdagoggend het haar hart selfs gestop, maar hulle het haar weer tot lewe gebring. Sy het ook 'n tydperk in 'n diep koma deurgebring om haar brein en liggaam te laat rus.

Na 'n wonderbaarlike herstel het sy uiteindelik die hospitaal verlaat na byna 4 en 'n half maande. Tans is sy swak en maer, en sy mag nie werk nie. Dit is onseker of sy ooit weer sal kan werk.

As gevolg van die hoë mediese kostes het ons almal buite ons familie se hulp nodig om die finansiële las te verlig. Julle hulp met vier balle vir die golfdag sal opreg waardeer word.

Dankie vir julle ondersteuning.

Groete, Francois en Juanine Lewis

Donations

  • Oct 09, 2023 - R 1 000.00 Fees covered
  • "Hou moed, jy bly in ons gebede!" - Santie Snyman

Donate to this charity

Statistics

Fundraising target

R 300 000.00

Donations to date

R 1 000.00
Donate

Fund Raising in aid of Magda Campaign

Fund Raising in aid of Magda Campaign Logo

Ek deel 'n dringende versoek oor 'n Golf Dag wat ons vir Magda reël. Sy het ernstige gesondheidsprobleme ondervind, insluitend 'n lekkende dun derm en ander komplikasies, wat 'n hoë finansiële las op ons het geplaas. Ons vra om julle hulp deur deelname aan die golfdag. Dankie vir julle ondersteuning.

Groete, Francois en Juanine Lewis