Javascript is not enabled! Please turn on Javascript to use this site.
Zayden our Fighter

Zayden our Fighter

Funds Raised:
R 528
Fundraising Target:
R 200 000
Donate

Personal message

Vandag 21 Julie 2023 het ek Mamma eerste keer in 6 maandemoed bymekaar geskraap om ons verhaal van 'n rowwe lang laaste 174 dae te deel met Zayden in NICU. Daar was dae wat ek net nie kans gesien het om vorentoe te kyk maar dan het ek besef ek moet fight soos Zayden. Daar was 'n tyd wat ek GOD gevra het om eerder my te vat & Zayden te hou en spaar. GOD het ons gedra & het vir ons 'n beter plan gehad.

Waar begin ek wel Zayden is bebore op 29.12.2022 om 06:00 in Life Dalview Hospitaal, Springs, Gauteng. Hy is gebore met gaatjies in sy hart, een long wat met geboorte plat geval het. Hy is dadelik na NICU (ons kon hom nie vashou) waar hy op ventilator, drips ens. gesit was hy was ook rukkie onder sedasie gehou. Hys met "Club" voete gebore & 'n submucous cleft palate.

Eerste 2 dae was kritiek ons was ook opsie gegee dat ons dalk sal moet masjiene afskakel  - toetse het terug gekom & ons was verlig ons hoef nie masjiene afgesit – hy’t positief vir Downs Syndrome getoets. Hul het drein pyp in sy long gehad om al die vog en vuilgoed te drein vir amper 25 dae. Zayden was vir 25 dae opventilator met baie op en af dae. Hul het hom toe op CIPAP & voeding pyp in keel gesit. Hy’t begin om seizure (convulsions) te kry wat almal laat worry het.

1 maand kon Mamma & Pappa Zayden vir heel eerste keer vashou (ons wou nie laat gaan). Met Zayden was elke dag een roller-coaster rede wat net nie opgehou het eendag lyk alles goed & dan is daar weer setback en als gaan sleg. Dit was elke dag bloed trek & een drip na die ander. 18.02.2023 - het Zayden se stats weer gedaal en hys terug gesit op ventilator. Dr het aangeraai laat hy vir MRI scan moet gaan om te kan sien hoekom hy die convulsions kry - MRI was op 24 Februarie 2023 gedoen & Dr het ons ingeroep & laat weet alles is normaal sy gaan hom net op sterker medikasie sit vir nou.

Dit was op & af van High Flow na CIPAP sodra sy stats daal. CIPAP het elke keer meer slym gemaak wat op bors en longe gaan lê het - Met hom wat al groter en besiger geword het wou hy net heeltyd pype afruk en sy feeding tube uitruk. Sodra hy Physio gekry het vir long was dit weer net "secretions" wat op long lê en sy stats daal. 13 Maart 2023 is Zayden teater toe vir 'n Broviacline (drip) langste 2ure wat ons gewag het met hom in teater wat net 45 minute sou wees (hul moes Narkotiseer kry van Kaap om hom onder te sit en wat spesialiseer in DS). Zayden se stats het na alles weer begin daal en hy was terug op SIPAP - terug waar als weer sleg want slym bou op lê op sy long en hy sukkel met asem haal. Hy’t heelwat bloed aanvulling gekry oor 1 April 2023 was Zayden weer teater toe vir 'n Gastronomiese buis ( feeding peg) – hy’t los gekom op 14 April & was weer terug vir nuwe een.

19 May 2023 het Mamma Dr gesien & sy’t gesê ons kan begin als regkry vir medies laat hy kan ontslaan word. Ons het saam Dr begin als regkry laat al die nodige masjiene kan by huis wees soos Suurstof, Suction masjien, Saturasie masjien Peg cleaning goed en feeding goed. 5 Junie - 9 Junie 2023 het mamma die week by Zayden spandeer heeldag om te train (was wonderlike week om by hom te wees). 13 Junie 2023 het medies my laat weet masjien goedgekeur & 15 Junie 2023 was dit afgelaai. Op 21 Junie 2023 was Zayden ontslaan uit NICU.

Dinge het baie goed gegaan vir hulle vir 5 weke , beide baba en met mamma hulle tot en met Augustus waar Zayden weer opgeneem is met  ʼn Seizure en het asook geaspirate. Daar is nog uitstaande hospitaal rekening van Dalview, Dr rekeninge & sy hart medisyne word nie gedek op mediese plan.

 HELP ASB

 

Donations

  • Aug 30, 2023 - R 55.00 Fees covered
  • "💛💙" - Anonymous

  • Aug 30, 2023 - USD $ 29.23 Fees covered
  • "Full recovery in Jesus Name 🌻" - Anonymous

Donate to this charity

Statistics

Fundraising target

R 200 000.00

Donations to date

R 527.99
Donate

Zayden our Fighter Campaign