Javascript is not enabled! Please turn on Javascript to use this site.
Ierland Rugby Toer Campaign Logo

Ierland Rugby Toer Campaign

Ek MC is een  van RHS se 1ste rugbyspan spelers. 

“Ek het begin rugby speel toe ek sewe jaar oud was. Ek geniet die spel van rugby want dit is ‘n spansport en jy kan die uitdagings en geluk met vriende deel. Met my heel eerste wedstryd was ek maar bang en onseker omdat dit vir my nuut was. Wat ek van my eerste wedstryd kan onthou, is dat ek die heel eerste keer wat ek die bal in hand gehad het, het ek dwarsdeur gehardloop en my eerste drie gedruk.
My raad aan  ander  spelers is,werk hard, bly gemotiveerd en die heel belangrikste, geniet dit.
 Ek speel tans no 6 vlank vir RHS. Ek is baie tevrede met my huidige posisie omdat ek daar my talent ten volle kan gebruik.

 Ons span  bly gemotiveerd deur ‘n voorbeeld te stel. Verder bly ons kalm en fokus op ons span se doelwit ter alle tye. Nederigheid, dissipline en deursettingsvermoë is vir ons belangrike eienskappe van ‘n goeie rugbyspeler.

Dít wat my elke keer, wanneer ek op die rugbyveld draf, inspireer is RHS afrigters en ondersteuners. Dit is my grootste inspirasie.

 

Beste rugbybesluit...

My beste rugby besluit ooit was by verre om na RHS toe te kom. Na ‘n moeilike rugby wedstryd is my afrigters my beste raadgewers.


 Ek wil baie graag ook na skool ‘n loopbaan uit rugby maak op professionele vlak.

Ek probeer om ‘n baie gebalanseerde verhouding te behou tussen rugby, akademiese en sosiale verantwoordelikhede deur tydsbeplanning en spanmaats wat my ondersteun.

My grootste enkele hoogtepunt van my rugby loopbaan tot dusver was toe ek my naam op die 1ste rugbyspan se lys sien.

Statistics

Fundraising target

R 30 000.00

Donations to date

R 720.00

Donor Messages

Anonymous
Anonymous
Helena
Sterkte MC ons dink aan jou. Geniet elke oomblik.

Activity feed

Anonymous donated R 20 via Ierland Rugby Toer
24 Sep 2023 R 20
Anonymous donated R 200 via Ierland Rugby Toer
08 Sep 2023 R 200
Helena donated R 500 via Ierland Rugby Toer
31 Aug 2023 R 500