
Grommets Operation Campaign
Ek is stert tussen die bene, hande afgekap.
My seuntjie (5 jaar oud) het dringend mediese sorg nodig en ons het sopas by 'n nuwe medies aangesluit wat nou weier om ons te help want daar is 'n 12 maande wag periode.
My seuntjie het reeds 4 maal grommets gekry, maar elke keer het hy net weer 'n lelike infeksie opgedoen en alles is daarmee heen. Ons lei tans 'n risiko dat hy kan doof raak as ons nie die operasie so gou as moontlik doen nie, so ek vra nederig vir elke bietjie help wat ons kan kry.
Ons het die staat padjie probeer volg net om te hoor hulle kan ons eers in desember sien en sou dit moet eers maart 2024 opereer, ons kan ongelukkig nie wag nie.