Galblader removal Campaign
Goeie dag almal.
My naam is Ludean ek is n vrou en mamma van 3 pragtige seuntjie. Ek is in 2021 in September uit gevind ek is swanger en nooit besef ek is siek nie desember 2021 is ek op 23ste met n gejaag op geneem in ongevalle my galblaas het begin vergroot en my baie moeilikheid begin gee. dit alles tewyl ek swanger is het ek n hart aanval gekry en met God se genade is ek en baba gespaar. hy is met n nood keiser in steve biko gebore terwyl hul besig is om hom uit te haal het ek baie bloed verloor en weer n hart aanval gehad..
my galblaas is besig om my dood te veroorsaak my immune stelsel is af gebreek en met elke infeksie wat hy kry tas hy my hart en my niere en my lewer aan en dit kan as ek nie hulp kry my dood veroorsaak ek is 32 jaar oud my kinders is 1 jaar en 5 maande en amper 5 en n 12 jarige. Ons het nie die fonds se n medies nie en in die staat hospitaal as jy nie reeds in n graf lê nie is jy nie belangrik genoeg nie.ons kan ook nie al die geld leen nie die lewe is net te duur vir ons.
Ons werk hard elke liewe dag om net kop bo water te hou ek probeer nou tans alles wat ek kan om die geld by mekaar te maak sodat ek net hierdie ding kan verwyder en weer my lewe kan terug he ek wil saam my kinders kan hardloop en speel ens maar ek loop te veel in pyn en hoef hy nou al kanker begin veroorsaak het weet ek ook nog nie want my vroulike dele werk tans nie normaal nie na ek ons dr geraadpleeg het wil sy he ek moet graag gaan vir n klomp kanker toets wat ook geld kos wat ek nie het nie.my man werk reeds 7 dae n week sodat ons kinder genoeg van alles het wat hulle benodig en ons net nie verdrink nie.
Ek kom staan op my knee en vra hulp sodat ek die ma vir my seuns kan wees wat saam hul dinge kan doen wat nou van my weg geruk word. en die vrou kan wees wat my man verdien ek is moeg vir in pyn wees en voel al soos n las maar hierdie is my laaste pooging om te probeer my lewe red.
Vir elke een n by dra maak julle verstaan nie wat dit vir my beteken nie en julle sal my gebed waar maak ek wil regtig net die beste mamma vir my kinders wees en wil hul sien groot word en nog lank daar vir hulle wees.
Liefde Ludean