
Prudence Morgan Campaign
My naam is Melanie de Jager (38) van Worcester in die Wes-Kaap.Een van ons getroue kollegas, Andries Morgan, se dogter (Prudence Morgan) & ongebore kleinkind is op Sondag 22 Oktober 2023 oorlede. Syt komplikasies gehad tydens haar swangerskap met haar longe. Sy was vir 2 weke op intensiewe behandelings in die hospitaal om haar en babatjie gesond te kry.
Sys Vrydag ontslaan en het Saterdag n massiewe terugslag gehad.
Andries Morgan het tans onvoorsiene begrafnis kostes om te dek en ons benodig al die hulp moontlik om sy dogter en kleinkind op die mooiste manier te groet.
Ons as werkskollegas wil vir Andries bystaan en van hulp wees in hierdie hartseer tyd.
Asb as enige iemand n bydrae kan lewer, maak nie saak hoe groot of klein, sal dit hoogs waardeer word.
Baie dankie vir u bydrae.