Javascript is not enabled! Please turn on Javascript to use this site.
Hartklop vir Lala Campaign Logo

Hartklop vir Lala Campaign

Woorde sal nooit genoeg wees om my liefdevolle vrou, Lin-Mari, te beskryf nie. Met 'n lewensreis soos net ons Hemelse Vader kan ontmoet ons op die mees wonderlikste wyse. Gou besef ons dat hierdie liefde net van God is en met net mekaar het ons niks meer nodig nie. Hier volg 'n persoonlike boodskap van my vrou......

"Hey ek is Lin-Mari Fourie (Kriel). Sagmoedig, liefdevol en 'n omgee-hart vir baie is woorde wat ek sal gebruik om myself te beskryf. In 2018 ontmoet ek die liefde van my lewe en op 16 Januarie 2021 beloof ons ewige trou aan mekaar. Jonk, pas getroud en 'n droom om enige ouers te word was een van die mees opwindenste mylpale wat ons graag saam wou ervaar. Maar,......gou word ons droom verdof en loop ons lewenspaadjie die mees vreemdste draaie met ons. Op 21 Desember 2021 word my wêreld donker, maar hou ek my hand stewig in God se hand met die diagnose van eierstokkanker. My linker eierstok en 'n gewas van 10Kg word verwyder. Gou skep ons asem en hoop dat daar darem nog 'n eierstok is. Maar o-wee daar groei nou ietsie op my regter eierstok. Gou besef ons dat God ons enigste kompas is waarmee ons nooit sal verdwaal. Hoe maak mens sin van hierdie onbeskryflike seer, hoe gee mens op aan 'n droom om eendag jou kinders van God te leer, hoe maak mens vrede om dalk nooit die woorde "Ek is lief vir Mamma" te hoor nie. Ons harte is stukkend, maar niks is onmoontlik by ons Hemelse Vader nie. Mag ons ewig en altyd op God vertrou met die wete dat hy sal voorsien. Dis vandag drie jaar later en die een chemobehandeling na die ander vind ons uiteindelik die chemobehandeling wat die beste vir my kanker werk, maar ons medies dek ongelukkig nie die chemobehandeling wat ek so dringend benodig nie. Die koste beloop R20 000 per chemo sessie waarvan ek drie sessies dalk meer van hierdie chemobehandeling moet ontvang. Hierdie fondse sal direk aan die kankervereniging oorbetaal word wat dit dan moontlik sal maak vir my om hierdie chemobehandeling te ontvang. Indien u dalk enige bydra wil maak tot my finansiële situasie sal ek dit onbeskryflik waardeer. Hierdie finansiële bydra sal dit vir my en my familie moontlik maak om alle onkostes wat nie deur die medies gedek word te betaal en die beste behandeling te kan kry en so 'n tweede asem en hoop vir 'n wonderlike toekoms te gee. Mag ons in moeilike tye ALTYD net ons oë en vertroue op God gerig hou."

Baie dankie.......

Liefde-Groete 

Lin-Mari 

Statistics

Fundraising target

R 60 000.00

Donations to date

R 26 655.18

Donor Messages

Blanche Jnr
Dink aan julle❤️
Anonymous
God provides all our needs🙏🏻
Gino & Labarre Alho
We pray God's healing hands over you. May this be a blessing on your journey.
NHSV Glencoe
God hoor jou gebede. God ken jou pyn. Hy wil vandag vir jou sê om in Hom te rus en op Hom te vertrou.
Anonymous
Anonymous
Word gou gesond
Anonymous
Anonymous
Anonymous

Activity feed

Blanche Jnr donated R 500 via Hartklop vir Lala
11 Nov 2023 R 500
Anonymous donated R 300 via Hartklop vir Lala
11 Nov 2023 R 300
Gino & Labarre Alho donated R 900 via Hartklop vir Lala
01 Nov 2023 R 900
Anonymous donated R 200 via Hartklop vir Lala
26 Oct 2023 R 200
Anonymous donated R 1 000 via Hartklop vir Lala
23 Oct 2023 R 1 000