Javascript is not enabled! Please turn on Javascript to use this site.
Van Heerden Family housefire survivors Campaign Logo

Van Heerden Family housefire survivors Campaign

N pragtige famielie het in n oogwink alles verloor en soos n Phoenix moet hulle nou uit die as opstaan. 

Ek vra dus met n seer hart as enige iemand my vriendin kan help al is dit net n R5 sal dit opreg waardeer word. 

Nie net moet alles vervang word nie moet die gesin weer n nuwe tuiste kry, huur moet betaal word asook depositos. 

Sondag aand net na 8 het ins huis begin brand. Dis n baie ou huis en dit het binne 20 min heeltemal gebrand. 4 slaapkamer huis het binne 20 min heeltemal gebrand. Ons het alles verloor wat in die huis was, maar ons almal lewe so dit is al wat saak maak. 

Ek het 3 kinders, die aand van die insident was ek oppad om baba te vat om te slaap, ek is besig om sy doek te ruil toe ek rook ruik, vra my oudste om haar pa te gaan se ons ruik rook. Binne n minuut het ek die baba en my oudste uit die huis. My man trip die krag dis pik donker in die huis, alles in die kamer brand, ons kry nie ons middelste kind nie! Ek hardloop uit opsoek na die tuinslang, tevergeefs probeer ek natspuit die vlamme is al in my kamer en ons kry nogsteeds nie my middelste nie.. alles gaan deur my kop ek hoor my dogtertjie skree vir haar boetie ons is almal histeries.. ek is 12 weke swanger, ek piepie myself letterlik nat. Ek skree en vra of hulle al die kind gekry het, histerie volg... ek was vlou van bekommernis en al die verskriklikste gedagtes gaan deur my kop.. my man skree Here asb my kind kan nie brand nie! Ek registreer nie meer nie, my oudste hardloop histeries en skree met die baba in haar arms, baba het nie eers n doek aan nie... 

Hulle kry hom in die donker was kamer.. my man hardloop met hom by die agterdeur uit.. die vlamme lek sy kop agter, sy hare was geskroei maar my hele familie was veilig... ek staan trug en kyk hoe die laaste 7 jaar van my lewe, saam met al die sentimentele goedjies wat ek al jare aan vashou van al my oorlede mense af brand... 

Ek het net n pienk nag rok aan, geen skoene nie, my baba nie eers n doek aan nie..  

Mammas die Here was ons genadig! Maar soos die dae aan gaan kan ek nie ophou daaraan dink nie, die ernstigheid van alles vang nou eers op.. hoe help ek my kinders met al die trauma.. myself... my man wat probeer sterk wees vir ons? 

Statistics

Fundraising target

R 50 000.00

Donations to date

R 0.00

Donor Messages