
Wessel DeBeer support campaign Campaign
Die
gedugte span van Wessel en Vera, of Oom Billy en Tannie Vera vir ons, se lewe
om klaviere te stem en te diens het skielik tot ‘n einde gekom. Oom Billy is
gediagnoseer met demensie. Dit beteken dat hierdie hardwerkende paartjie van 78
wat weekliks honderde km na mense se wonings gery het om hulle klaviere te
stem, nie meer so sal kan funksioneer nie.
Oom Billy het met sy besondere
talent om sy gehoor te gebruik, soos blinde mense soos hy maak, en Tannie Vera
se talent om te organiseer en help, het hulle 'n goeie span gemaak. Hulle het
die inkomste van hulle baie harde werk en lang ure gebruik om hulself en
familie aan die lewe te hou en nog altyd vir iemand iets te gee uit die diepte
van hulle harte. Hulle is 'n voorbeeld vir ons almal.
Kom ons
staan nou saam en help hierdie trotse mense in hulle tyd van nood.
Ons het
hierdie fonds op die been gebring om te probeer bydra tot hulle vehoogte lewens
en mediese uitgawes.